Die Eerste Afrikaanse E-Vervoerdiens
HUISTU, SKOOLTU, WERKTU, WINKELTU, PARTYTJIETU, KERKTU. Ons vat jou DANATU!
Bespreek hier jou rit LUGHAWETU.
Besprekingsvorm vir voorafbespreekte ritte LUGHAWETU en terug HUISTU
Let asseblief op die volgende:
- Ritbesprekings is slegs beskikbaar:
Vanaf Pretoria/Centurion na verskillende lughawens.
Vanaf lughawens terug na Pretoria/Centurion. - Besprekings buite ons operasionele ure moet vooraf gereël word:
Operasionele ure:
Maandae tot Donderdae: 05:00 – 23:00
Vrydae en Saterdae: 05:00 – 02:00
Sondae: 07:00 – 21:00 - Alle besprekings moet minstens 12 ure voor jou rit gemaak word om te verseker dat daar ‘n drywer beskikbaar is as jy nie op die Toep bespreek nie.
- Indien jy nie jou lughawerit vooraf wil bespreek nie, kan jy steeds die rit direk op die Toep bespreek wanneer jy dit benodig.
- Dit sal minstens 15 minute neem vir die bestuurder om jou op te laai nadat jy geland het.
- HUISTU of LUGHAWETU. Let wel: Besprekings is onderhewig aan beskikbaarheid en bevestiging.
By aankoms van die WANATU-drywer verbind ek my daartoe om my bespreking by die aankoms van drywer te voltooi en my reis in te dien, wat die betalingsproses sal finaliseer.
Let asseblief daarop dat kansellasies wat minder as 24 uur voor die geskeduleerde tyd gemaak word, volle aanspreeklikheid vir alle gepaardgaande koste tot gevolg sal hê. Om hierdie bespreking te bevestig, sal ek op hierdie e-pos antwoord, wat as bevestiging sal dien.
Hierdie proses is ook van toepassing op my retoerbespreking vanaf OR Tambo, Lanseria of Wonderboom na my bestemming.
Ons respekteer jou reg op privaatheid en poog daarom om te verseker dat ons voldoen aan die wetlike vereiste van die POPI-wet wat die wyse reguleer waarop ons enige persoonlike inligting wat jy aan ons verskaf het insamel, verwerk, berg, deel en vernietig.