Hoe laai ek die Kliënte-Toep af?
1. Laai die Kliënte-toep af vanaf die Android Play Store, App Store, of Huawei-platform:
2. Android Play Store: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.wanatu.user
3. App Store: https://apps.apple.com/za/app/wanatu-klient-toep/id6670170318
4. Huawei AppGallery: https://appgallery.huawei.com/app/C111966161
5. Registreer jou profiel op die WANATU Kliënte-toep.
6. Verskaf al die vereiste inligting soos aangedui op die toep.
7. Maak seker dat jy ’n geldige profielfoto gereed het om op te laai.
8. Wag vir profielgoedkeuring deur die WANATU-beheerkamer.
9. Voeg jou bankkaartbesonderhede by onder die “Betalings”-afdeling. Let wel: jou kaart moet “3D Secure” geaktiveer wees.
10. Jy is nou gereed om ritte te bespreek!
11. Aanbeveling: Aktiveer kennisgewings (notifications) op jou foon vir die beste ervaring.
12. Vir verdere inligting oor hoe die toep werk, kyk gerus na die video wat stap-vir-stap verduidelik: https://youtube.com/shorts/FqQEmQrRvIc?si=ypxL45OxOcHjTUXB
Wat is WANATU se operasionele tye:
Maandae tot Donderdae: 05:00 – 01:00
Vrydae en Saterdae: 05:00 – 02:00
Sondae: 05:00 – 01:00
WANATU is 365 dae operasioneel, insluitend vakansiedae
*Feesseisoen ingesluit
Hoekom wil my bankkaart nie registreer op die Toep nie?
Sonder “3D Secure” op jou bankkaart sal die kliënt nie betalings kan maak nie, aangesien dit ‘n belangrike sekuriteitsmaatreël is wat deur WANATU vereis word om jou kaartbetalings te beskerm en veilige transaksies te verseker. Maak asseblief seker dat hierdie funksie by jou bank geaktiveer is voordat die jy die toep begin gebruik.
Hoe kan ek die ritpryse sien?
Sodra jy die Kliënte-toep afgelaai het, sleutel jou oplaai- en aflaai-adres in om die ritkoste te besigtig.
Let wel: die koste is per voertuig, nie per passasier nie.
Jy kan betaal sodra jy ‘n drywer geselekteer het.
Kan jy ‘n weeklikse en/of maandelikse subskripsie bespreek?
LUGHAWETU
WANATU aanvaar tans slegs vooruitbesprekings vir lughawe-ritte. Klik gerus hier om jou rit LUGHAWETU te bespreek: Bespreek jou rit LUGHAWETU – Wanatu, WANATU werk aan ‘n besprekingsfunksie vir weeklikse en/of maandelikse subskripsies vir die toekoms.
SKOOLTU
Bespreek jou weeklikse skoolritte op SKOOLTU – Wanatu! As jy weekliks vooruit bespreek kry jy 7.5% afslag op eenrigting besprekings en 12.5% op tweerigting besprekings teenoor die gewone oggendtarief.
Let asseblief op dat besprekings vir die volgende week gedoen moet wees voor 12:00 die voorafgaande Sondag.
Die bespreking is nie finaal tot WANATU dit per e-pos aanvaar, ‘n faktuur voorsien EN die bewys van betaling deur WANATU ontvang is nie!
Hoe vergelyk WANATU se pryse met ander e-vervoer diensverskaffers
Dit is moeilik om pryse direk te vergelyk, aangesien dit belangrik is om “appels met appels” te vergelyk. WANATU se voertuie is in uitstekende toestand en verseker topgehalte veiligheid. Ons pryse bly mededingend met ander e-vervoer dienste, veral wanneer die hoë standaard en betroubaarheid van ons diens in ag geneem word. Kyk gerus na ons pryse op die Toep vir jou gemoedsrus.
Hoekom wag ek solank vir my OTP?
OTP’s is selfoonnetwerk-gebonde en ons het ondervind dat sekere selfoonnetwerke langer neem as ander om OTP’s te stuur. Wees asb. geduldig. Jy gaan binnekort kan WANATU.
Wie kan WANATU se dienste gebruik?
Kliënte hoef nie Afrikaans te praat nie, en ons dienste is beskikbaar vir enige gebruiker binne ons operasionele gebiede. WANATU vermy egter areas wat groter risiko inhou vir ons bestuurders en voertuie, en sal dus nie in sekere gebiede ritte neem nie.
Wie kontak ek as ek vrae het rakende roetes?
Jy kan gerus ‘n e-pos stuur aan die WANATU-beheerkamer stuur by hello@wanatu.co.za vir meer inligting. Skakel ook gerus die beheerkamer by: +27 12 023 3760.
In watter areas is WANATU tans operasioneel?
WANATU is tans operasioneel in Centurion en Pretoria. WANATU besef die behoeftes in ander areas en hoop om in die toekoms in jou area te wees. . Indien jy vrae het oor jou spesifieke area, kan jy gerus die beheerkamer kontak by hello@wanatu.co.za of skakel +27 12 023 3760.
Hoe bespreek ek vooraf-ritte na en van die lughawens af?
By WANATU besef ons die belangrikheid daarvan om betyds te wees vir ‘n vlug. Daarom het ons die volgende reëling vir ons kliënte ingestel:
Klik op die skakel. https://wanatu.co.za/bespreek-jou-rit-lughawetu/ om jou ritte te bespreek.
Voltooi asseblief die versoek ten minste 12 ure voor jou vlug.
By aankoms van die WANATU-drywer verbind ek my daartoe om my bespreking by die aankoms van drywer te voltooi en my reis in te dien, wat die betalingsproses sal finaliseer.
Let asseblief daarop dat kansellasies wat minder as 12 ure voor die geskeduleerde tyd gemaak word, volle aanspreeklikheid vir alle gepaardgaande koste tot gevolg sal hê. My aansoek sal as bevestiging dien.
Hoe gereeld moet ek my WANATU kliënte toep opdateer?
Indien jou selfoon nie gestel is vir outomatiese opdatering nie, stel ons voor dat die jy elke twee weke kyk vir ’n opdatering op jou Playstore, APP Store of Huawei AppGallery.
Hoekom sukkel drywers om my ligging te bepaal?
Maak seker dat jou GPS ligging op jou foon is geaktiveer.
Hoekom sê die Toep my ‘inteken’ het misluk?
Sodra jy as kliënt geregistreer is, word jy eers op die administratiewe-paneel geverifieer en dan goedgekeur vir sekuriteitsdoeleindes. Hierdie proses kan dalk ‘n paar minute neem en daarom kan jy nie onmiddellik aan teken nie.
Die Toep sê my selfoonnommer of e-pos adres is ongeldig.
Jy was waarskynlik voorheen as primêre of sekondêre gebruiker geregistreer. Die tegniese span kan die selfoonnommer en e-posadres van die stelsel verwyder sodat jy kan voortgaan met die registrasie-proses. Kontak asseblief die WANATU-beheerkamer by hello@wanatu.co.za of skakel op (012) 023 3761 indien jy enige verdere navrae het.
Hoe kontak ek die WANATU-beheerkamer?
Die kliënt kan die WANATU-beheerkamer per epos kontak deur ’n epos te stuur aan hello@wanatu.co.za of skakel op (012) 023 3761.
Wat gebeur as ek as kliënt ’n rit kanselleer?
Sodra die kliënt ‘n rit kanselleer, word ‘n kansellasiefooi van R24 gehef.
Hoeveel passasiers kan geakkommodeer word in WANATU se voertuie?
WANATU se voertuie is Toyota Corolla Cross-Hybride elektriese motors en kan vier (4) passasiers vervoer.
Benodig meer as een voertuig om passasiers na ’n funksie te neem?
Kontak asseblief die WANATU-beheerkamer by: 012 023 3760 of ‘n e-pos stuur aan hello@wanatu.co.za.
Waarvoor sal ek die addisionele stop op die Toep gebruik?
Die addisionele stop kan gebruik word indien jy vinnig by die petrolstasie/winkel wil stop en/of om mede-passasiers by ‘n ander adres wil oplaai/aflaai. Die maksimum wagtyd vir ‘n addisionele stop is drie (3) minute.
Sal ’n drywer vir my wag totdat my doktersafspraak ens. klaar is?
Ongelukkig kan ‘n drywer net ’n maksimum wagtyd van drie (3) minute akkomodeer.
Kan WANATU my vervoer as ek ’n rolstoel/loopring/krukke ens. het?
Ons vervoer verseker kliënte met mediese hulpmiddels.
Vervoer WANATU kinders in karstoelties?
Vir veiligheid word kliënte versoek om hul eie karstoeltjies te voorsien. Die voertuie is toegerus met ISO-fix-hegpunte vir die veilige en stewigheid installering van karstoeltjies.
Vervoer julle moontlik kinders van skool af huis toe?
Ons vervoer definitief kinders van 7 jaar en ouer. Bespreek gerus ‘n rit en ervaar die WANATU-ervaring!
Hoe lank sal ‘n drywer vir my wag as hy/sy by my bestemming aankom?
Die maksimum wagtydperk is drie (3) minute.
Wat gebeur as ’n kliënt nie opdaag vir ‘n bespreekte rit nie?
Die kliënt sal verantwoordelik gehou word vir die onkostes van die rit.
Hoe kry ek my geld terug as die Toep ’n bedrag dubbeld afgetrek het?
Ons elektroniese betaalsisteem sal dit identifiseer en ‘n terugbetaling doen. Jy kan ook gerus ‘n epos aan hello@wanatu.co.za stuur.
Is daar enige manier om kontak te maak met WANATU?
Jy kan die WANATU-beheerkamer kontak by 012 023 3760 of ‘n e-pos stuur aan hello@wanatu.co.za.
Waar doen ek aansoek om ’n drywer vir WANATU te word?
As jy wil aansoek doen vir ‘n drywerspos gebruik asseblief hierdie skakel: WANATU Drywer Aansoekvorm: Centurion en Pretoria
Ek sukkel om WANATU op my Huawei-toestel af te laai
Probeer gerus die volgende:
1)Gebruik AppGallery
Maak seker jy soek en laai die toep in Huawei se AppGallery af.
2)Maak seker jou ‘settings’ is so gestel dat jy ‘Apps’ kan aflaai.
Laat installasies van onbekende bronne toe as volg:
Instellings > Sekuriteit > Laat onbekende bronne toe (Gaan na ‘Settings’ > ‘Security’, en laat “Install unknown apps” toe).
3) Is jou sagteware op datum?
Maak seker jou Huawei-sagteware is op datum:
Instellings > Stelselopdatering.
4) Maak seker jou kas is skoon (clear cache)
Settings > Apps > AppGallery > Storage > Clear cache.
Maak App Gallery weer oop en probeer weer.
Waarom benodig WANATU my ID nommer ens.?
Veiligheid is WANATU se prioriteit . Net soos jy presies weet wie jou drywer is en wie ons is, wil ons ook weet wie jy is alvorens jy ons WANATU kan gebruik.
Hoekom vra WANATU eers my bankbesonderhede as ek ritkostes wil sien?
Ons toep vra om jou bank besonderhede te laai dat jy dadelik n rit kan bespreek maar geen geld sal afgetrek word, totdat jy die roete bevestig het nie.