Ry HIERNATU, wen DAARNATU…
dalk Tshikwalo toe!


Welkom by WANATU se grootste jaar-einde-feespret!

Elke keer wat jy in Desember met WANATU ry, tel as ’n inskrywing — en jy kan 'n 2-nag romantiese wegbreek vir twee by die pragtige Tshikwalo Game Lodge wen.

Geen vorms. Geen gedoente. Net ry… en jy's in.

HOE OM DEEL TE NEEM

Elke voltooide WANATU-rit tussen 1 en 31 Desember 2025 = 1 inskrywing.
Ons tel dit outomaties — hoe meer jy ry, hoe groter jou kans.

WAT KAN JY WEN?

2-nagte Romantiese Wegbreek vir 2 persone by Tshikwalo Game Lodge in die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat

Die prys sluit in:
  • Welkomdrankie met aankoms (keuse van Mojito, Pina Colada, Margarita of Strawberry Daiquiri)
  • Twee nagte se verblyf in ’n chalet met ’n romantiese opdek
  • Ontbyt daagliks by die restaurant
  • Romantiese, privaat bos-aandete (R425 p.p. aandete-waarde)
  • Aandete by Klein Tambotie (R250 p.p. aandete-waarde)
  • Wildsrit vir 2 persone

Belangrike bykomende inligting oor die verblyf:
  • Die bespreking is onderhewig aan beskikbaarheid by Tshikwalo Game Lodge.
  • Die prys kan nie gedurende skoolvakansies, langnaweke, of openbare vakansiedae gebruik word nie.
  • Enige uitgawes wat nie uitdruklik as ingesluit gelys is nie, soos ekstra etes, drankies, aktiwiteite, fooitjies of aankope, is vir die wenner se eie rekening.
  • Reiskoste is vir die wenner se eie rekening — maar jy kan natuurlik WANATU gebruik! 😉


WIE MAG DEELNEEM?

Die kompetisie is oop vir:

  • Alle WANATU toep-gebruikers
  • Elke persoon wie gedurende Desember 'n rit met WANATU bespreek
  • WANATU-personeel mag nie deelneem nie.

WANNEER SLUIT DIT KOMPETISIE?

  • Begin: 1 Desember 2025
  • Eindig: 31 Desember 2025 om 23:59

Alle voltooide ritte binne hierdie tydperk tel.

HOE EN WAAR WORD DIE WENNER AANGEKONDIG?

WANATU doen 'n outomatiese, onpartydige trekking 12 Janurie 2026.
Die wenner word aangekondig op 28 Januarie 2026 tydens wanneer ons met GrootFM gesels tussen 14h00 en Die wenner sal ook op ons sosiale media kanale aangekondig word.

WANATU sal die wenner telefonies en per e-pos/WhatsApp kontak.
Indien ons die wenner nie binne 72 uur in die hande kry nie, word 'n nuwe wenner getrek.

BELANGRIKE BEPALINGS

  • Die rit moet deur die toep bespreek én voltooi word
  • Kansellasies of mislukte ritte tel nie
  • Gratis ritkrediete tel nie
  • Die prys is nie oordraagbaar of inruilbaar vir kontant nie
  • WANATU mag die prys vervang met 'n gelykwaardige alternatief indien nodig

PRIVAATHEID

WANATU gebruik slegs die wenner se kontakbesonderhede om die prys te reël.
Jou data word nooit verkoop of gedeel nie.
Deelnemers stem in dat hul naam (bv. “Janine M.”) vir die openbare aankondiging gebruik mag word.


Ry HIERNATU… wen DAARNATU.

Hierdie Desember ry jy nie net van A na B nie —
jy ry dalk reguit na 'n romantiese wegbreek in die Groot 5-bosveld. Elke WANATU-rit tel as 'n inskrywing.