Een jaar en 100,000 gebruikers later
“Hoop ploeg die boer se laaste voor Hoop voer sy wa die Dorsland oor Besiel die burger as hy veg Vir vaderland en goeie reg Hoop is ons laaste, beste vrind...” AG Visser Op ons eerste verjaarsdag Een jaar gelede het Wanatu as die heel eerste Afrikaanse pendeldiens weggespring met die eenvoudige begronding en visie: “Hoop en gemoedsrus in Afrikaans”. Met pragtige splinternuwe karre, gekeurde en opgeleide Afrikaanssprekende drywers, en talle veiligheidskenmerke was Wanatu vinnig op almal se lippe. Werkende vrouens en mans, bejaardes, kinders, gestremdes het almal die uitmuntende Wanatu diens ervaar. Waarom is Wanatu se leuse “Hoop en gemoedsrus in Afrikaans”?
Hoop
Werkskepping was ‘n baie sterk motief in die tot stand koming van Wanatu. Baie
Afrikaners en Afrikaanssprekendes is die afgelope jare agv regeringsbeleid uit die
werksplek gedwing. Werkloosheid tas nie net jou beursie aan nie, maar ook jou siel.
‘n Werk laat mens waardig en nuttig voel, en skep hoop op ‘n beter toekoms. Talle
van Wanatu se werknemers het jare gesukkel om werk te kry. Wanatu is dankbaar
dat ons die afgelope jaar meer as 120 werksgeleenthede geskep het en daardeur vir
120 gesinne waardigheid en hoop kon bring.
Gemoedsrus
Wanatu het baie vinnig die reputasie gekry as die veiligste e-pendeldiens in Suid-
Afrika. Netjiese nuwe Toyota Cross Hybrid voertuie met die handelsmerk vertoon
duidelik op die voertuie. Die Toyota Cross is nie net ‘n gerieflike luukse voertuig nie,
maar het ook ‘n uitstekende veiligheidsgradering. Kameras is binne die voertuie
geinstalleer en neem die pad af asook alles wat binne die voertuig gebeur. ‘n 24/7
Beheerkamer moniteer alle voertuie, kameras drywers en pasasiers om so ons
pasasiers en ons drywers se veiligheid te verseker. Verder het elke drywer en
pasasier toegang tot ‘n noodknoppie op sy/haar toep. Hierdie noodknoppie is
gekoppel aan die beheerkamer en 24/7 gewapende reaksie. Waar jy ookal met
Wanatu ry – jou veiligheid is prioriteit!
Afrikaans
Hoe lekker is dit om in dieselfde jaar as wat Afrikaans sy 100e bestaansjaar as
amptelike taal vier, en Oom Paul sy 200e verjaarsdag vier, Wanatu se eerste
verjaarsdag as Afrikaanse pendeldiens te kan vier! Afrikaans is ‘n kragtige en
veerkragtige taal wat steeds as amptelike taal gedy. In Afrikaans werk ons, speel
ons, leer ons, kerk ons, dig ons, sing ons, beoefen ons sport. Ons leef in Afrikaans!
En nou ry ons ook in Afrikaans. Wat ‘n lekkerte. Ons sing sommer saam met die
bekende volksliedjie:
O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Van al die tale wat ek hoor,
niks wat my siel ooit so bekoor.
O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Wenresep 100,000
Met meer as 100,000 ingeskrewe gebruikers is Wanatu duidelik ‘n wenresep wat die
industrie ver vooruit is. Interressant is dit dat die minister van vervoer in September
2025 wetgewing uitgevaardig het wat ander pendeldiens operateurs gaan dwing om
hulle standaarde te lig nader aan die norm wat Wanatu gestel het. As baanbreker
word Wanatu die norm.
Na een operasionele jaar is Wanatu dankbaar. Dankbaar vir soveel sëen en genade,
dankbaar vir 100,000 gebruikers, dankbaar vir wonderlike kliente, werknemers en
bestuur.
Saam bou ons aan die volgende 100 000 gebruikers. Nóg 100 000 gebruikers wie
Wanatu veilig kan vervoer, nog 100 000 gebruikers wat Wanatu kan dien, nog
100 000 gebruikers wat saam met Wanatu hoop kan skep. Hoop wat die boer se
laaste woorde ploeg. Hoop wat die wa die Dorsland oor voer. Hoop en gemoedsrus,
in Afrikaans.