Meer as 'n rit.

'n Storie van omgee

Meer as 'n rit.

'n Storie van omgee

WANATU is ‘n trots Suid-Afrikaanse vervoerdiens, gebou op ‘n eenvoudige maar belangrike beginsel: mense moet veilig kan ry — en met ’n geruste hart kan arriveer.

WANATU het nie begin as ’n besigheidsplan of ’n toep-idee nie.

Dit het begin as ’n vraag.

Die storie agter WANATU

WANATU begin met ’n eenvoudige vraag:  “Waar na toe?

Dis ’n vraag wat ons almal al gevra het — voor ’n kuier, ’n aand uit, ’n vroeë vlug of ’n lang dag se werk –  vir Van Rooy van den Berg en sy gesin het daardie vraag iets anders begin beteken.

Toe sy seuns op universiteit was, was daar een ding wat nie onderhandelbaar was nie: veiligheid. Hulle wou nooit hul meisies alleen in ’n Uber laat ry nie. As daar gery is, het hulle self saamgery — net om seker te maak almal kom veilig tuis.

Dit het natuurlik met tyd ’n paar rand gekos…

Maar belangriker as die geld was die besef: daar móét ’n beter manier wees.

’n Diens waar jy nie hoef te wonder of iemand veilig gaan aankom nie.

’n Diens waar beplanning en verantwoordelikheid standaard is.

’n Diens wat meer is as net ’n voertuig wat opdaag.

En so is WANATU gebore.

Van die begin af het dit oor veiligheid gegaan.

Jy wil uitgaan, kuier, dans. Jy wil leef.

Bo alles wil jy weet dat jy, of iemand vir wie jy lief is, veilig by die huis gaan aankom.

Dit is presies wat WANATU doen.

Jy sê waar jy wil wees, en ons neem jou daarheen — met sorg, met beplanning en met respek.

WANATU is nie net vervoer nie.

Dit is die geruste wete dat jou meisie, jou kind, jou ouers — wie ook al op pad is — veilig sal arriveer.

Dis die verskil tussen ry… en omgee.

HIERNATU DAARNATU ORALTU SKOOLTU LUGHAWETU
HIERNATU DAARNATU ORALTU SKOOLTU LUGHAWETU

’n Afrikaanse hart. ’n Suid-Afrikaanse tuiste.

WANATU het begin met ’n sterk Afrikaanse hart.

Daar is iets besonders daaraan om ’n diens in jou eie taal te ervaar.

Jy ontspan makliker. Jy voel tuis. Jy voel verstaan.

Dit was die beginpunt – ’n ervaring waar mense hulself kan wees, sonder om te verduidelik of aan te pas.

WANATU is nie gebou om grense te trek nie. Dit is gebou om mense bymekaar te bring.

Ons is trots Suid-Afrikaans, en dit beteken iets groter as net taal.

Dit beteken gasvryheid, respek en omgee.

Dit beteken dat elke persoon wat in ’n WANATU klim, welkom is.

Ons leef in ’n land van baie tale, baie stories en baie maniere van groet. Of jy nou sê howzit, dankie my bru, molo, sawubona of sharp-sharp – by WANATU gaan dit nie oor hoe jy praat nie, maar oor hoe jy ry: veilig, met gemoedsrus.

Dis nie net ’n motor en ’n bestuurder nie.

Dis mense wat omgee.

Soos wanneer die Bokke speel – dis nie net ’n span nie, dis ’n gevoel. Van dorp tot stad, van taxi tot Tafelberg, ons staan saam.

WANATU is nie net ’n vervoerdiens nie.

Dis ’n skakel tussen mense.

Dis saam beweeg. Saam groei. Saam behoort.

Jou taal. Jou Mense. Jou pad. 

Almal is welkom in ’n WANATU.

Ons Waardes

By WANATU is ons waardes nie iets wat op ’n muur hang nie — dit is hoe ons elke rit benader.

Veiligheid

Elke besluit begin by veiligheid — vir passasiers én drywers. Van keuring tot monitering, geen kortpaaie nie.

Betroubaarheid

As ons sê ons ry, dan ry ons. Betyds. Konsekwent. Elke keer.

Vertroue

Mense vertrou ons met wat vir hulle kosbaar is — hul kinders, hul geliefdes, hul tyd. Ons neem daardie vertroue ernstig op.

Menslikheid

Ons ry nie net mense rond nie — ons ry saam met mense. Met respek, vriendelikheid en begrip.

Gemeenskap

WANATU is plaaslik, trots Suid-Afrikaans, en verbind aan die gemeenskappe waarin ons ry.

Ry met vertroue. Ry met WANATU.

Laai die WANATU-toep af en bespreek jou volgende rit — vir die lewe wat aanhou beweeg.

Scroll to Top