One year and 100,000 users later

“Hoop ploeg die boer se laaste voor
Hoop voer sy wa die Dorsland oor
Berei die bulger as hy weg
Vir vaderland en goeie reg
Hoop is ons laaste, beste vriend.”
– AG Visser
Op ons eerste verjaardag

Een jaar gelede het Wanatu as die eerste Afrikaanse pendeldiens weggespring met die eenvoudige doel om die lewe makliker te maak. Met ’n prettige splinternuwe naam, gedrewe en opgeleide Afrikaanssprekende drywers, en baie veiligheidskenmerke, was Wanatu vinnig op almal se lippe. Werkende ouers en manne, baie besig, het ervaar: Waarom is Wanatu se leuse “Hoop en gemoedsrus in Afrikaans”?

Hoop

Werkskepping was ’n baie sterk motief in die tot stand koming van Wanatu. Baie Afrikaners se werkgeleenthede is die afgelope jare weggeneem uit die werksplek gedwing. Werkloosheid tas nie net jou beursie aan nie, maar ook jou siel.

’n Werk laat mens waardig en nuttig voel, en skep hoop op ’n beter toekoms. Talle van Wanatu se werknemers het jare gesukkel om werk te kry. Wanatu is dankbaar dat ons die afgelope jaar meer as 120 werksgeleenthede geskep het en daardeur vir 120 gesinne waardigheid en hoop kon bring.

Gemoedsrus

Wanatu het baie vinnig die reputasie gekry as die veiligste e-pendeldiens in Suid-Afrika. Nóg ’n nuwe Toyota Cross Hybrid voertuig met die handelsmerk voorop duidelik op die voertuig. Die Toyota Cross is nie net ’n gerieflike luukse voertuig nie, maar het ook ’n uitstekende veiligheidsgradering. Kameras is binne die voertuig geïnstalleer om meer as net die voorste pad te monitor. ’n 24/7 beheerkamer monitor alle voertuie, kameras, drywers en passasiers om ons passasiers en ons drywers se veiligheid te verseker. Verder het elke drywer en passasier toegang tot ’n noodknoppie op hul toep. Hierdie noodknoppie is gekoppel aan die beheerkamer en 24/7 gewapende reaksie. Waar jy ook al met Wanatu ry – jou veiligheid is prioriteit!

Afrikaans

Hoe lekker is dit om in dieselfde jaar as wat Afrikaans sy 100e bestaansjaar as amptelike taal vier, en Oom Pauly 200e verjaarsdag vier, Wanatu se eerste verjaarsdag as Afrikaanse pendeldiens te kan vier! Afrikaans is ’n kragtige en veerkragtige taal wat steeds as ’n moontlike taal met ’n blink toekoms beskou word. Ons leef in Afrikaans!

Ons leer, ons kerk, ons doen ons sake, ons sing ons, oefen ons sport. Ons leef in Afrikaans!
En nou ry ons ook in Afrikaans. Wat ’n lekkerte. Ons sing sommer saam met die bekende volksliedjie:

“O moedertaal, o soetste taal
Jou het ek lief bo alles.
Van al die tale wat ek hoor,
niks wat my siel ooit so bekoor.
O moedertaal, o soetste taal”

Wenresep 100,000

Met meer as 100,000 ingeskrewe gebruikers is Wanatu duidelik ’n wenresep wat die industrie vorentoe stoot. Interessant is dit dat die minister van vervoer in September 2025 wetgewing uitgevaardig het wat ander pendeldiens operateurs gaan dwing om hulle standaarde te lig nader aan die norm wat Wanatu gestel het. As baanbreker word Wanatu die norm.

Na een operasionele jaar is Wanatu dankbaar. Dankbaar vir soveel seën en genade, dankbaar vir 100,000 gebruikers, dankbaar vir wonderlike kliënte, werknemers en bestuur.

Saam bou ons aan die volgende 100 000 gebruikers. Nóg 100 000 gebruikers wie Wanatu veilig kan vervoer, nóg 100 000 gebruikers wat Wanatu kan dien, nóg 100 000 gebruikers wat saam met Wanatu hoop kan skep. Hoop wat die boer se laaste woorde ploeg. Hoop wat die wa die Dorsland oor voer. Hoop en gemoedsrus, in Afrikaans.

Van Rooy van den Berg
Stigter & Direkteur

Epos: vanrooy@wanatu.co.za

Scroll to Top