Opgeknapte WANATU-toep beskikbaar vanaf 8 Junie
Opgeknapte WANATU-toep beskikbaar vanaf 8 Junie: Hier is wat jy kan verwag
Ons het die afgelope paar weke leidrade gelos. Hier ’n knipoog. Daar ’n verrassing. En nou kan ons uiteindelik die nuus deel.
Die grootste opgradering van die WANATU-toep sedert ons bekendstelling is op pad.
Vanaf Maandag, 8 Junie 2026, sal gebruikers die opgeknapte weergawe van die WANATU-toep kan aflaai vanaf die Apple App Store, Google Play Store en Huawei AppGallery. Die nuwe weergawe sal amptelik op 15 Junie 2026 in gebruik geneem word.
Dit beteken jy het ’n volle week om die nuwe toep-weergawe toep af te laai, jou rekening op te stel en jou profiel volledig te voltooi voordat die oorskakeling plaasvind.
Kyk uit vir die geel ikoon
Die nuwe weergawe van die WANATU-toep het ’n splinternuwe geel ikoon.
Wanneer die nuwe weergawe op 8 Junie beskikbaar word, moet jy uitkyk vir die geel WANATU-ikoon in jou toepassingwinkel. Dit is die weergawe wat vanaf 15 Junie gebruik sal word.
Wat is nuut?
Ons het geluister na terugvoer van gebruikers en verbeterings aangebring wat die toepassing eenvoudiger, vinniger en meer intuïtief maak.
Die opgedateerde weergawe bevat onder andere:
- Skeduleer ‘n rit: Beplan jou ritte vooruit en bespreek wanneer dit jou pas.
- WANATU-beursie: Laai fondse vooraf en geniet nog meer betaalgerief.
- Verbeterde navigasie: Meer akkurate roetes en ’n gladder ervaring vir passasiers én bestuurders.
- Stuur ‘n pakkie: Stuur klein pakkies vinnig en maklik deur dieselfde toepassing wat jy reeds ken.
- Besigheidsrekeninge: Maatskappye kan vervoer vir werknemers bestuur deur fondse vooraf te laai en ritte sentraal te finansier.
Volgens Gustav Grotius, Stelsels- en Logistieke Bestuurder by WANATU, was die doel van die opgradering om die toepassing verder te ontwikkel rondom die behoeftes van gebruikers.
“Ons het geluister na terugvoer van gebruikers en verbeterings aangebring wat die toepassing eenvoudiger, vinniger en meer intuïtief maak. Die nuwe funksies gee gebruikers meer beheer, terwyl die opgeknapte en moderne ontwerp die algehele ervaring verbeter.”
Wat moet jy nou doen?
Vanaf 8 Junie:
- Laai die nuwe weergawe af.
- Registreer jou rekening.
- Voltooi jou profiel.
- Maak seker jy is gereed vir 15 Junie.
- Die huidige WANATU-toep sal tot 15 Junie steeds normaal funksioneer.
Ons kan nie wag dat jy die volgende hoofstuk van WANATU ervaar nie.
WANATU ry saam. Soos dit hoort. Net baie, baie beter.